Sonkrag

Hierdie artikel handel oor die omskakeling van energie van sonlig in elektrisiteit. Vir 'n breër reeks menslike gebruike vir sonlig, sien Sonenergie. Vir die eenheid van lig van sterre en sterrestelsels, sien Sonligsterkte.

Sonkrag is die energie van die son, waarsonder geen lewe op aarde moontlik sou wees nie. Sonkrag word al vir jare wyd beskou as 'n ernstige bron van energie omdat daar soveel enorme hoeveelhede van hierdie energie vrylik beskikbaar is, indien dit deur die moderne tegnologie ingespan sou kon word.

‘n Eenvoudige voorbeeld om die energie van die son voor te stel, kan gesien word wanneer 'n mens 'n vergrootglas gebruik om sonstrale op 'n stuk papier te fokus. Nie lank nie, en die papier sal in vlamme opgaan. Hierdie is net een manier om die son se energie te gebruik. Vlamme is egter gevaarlik en moeilik om te beheer. 'n Veel veiliger en praktiese manier om die son se energie in te span, is om dit te gebruik om water mee te verhit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search